Menu
 

Deur LUCILLE BOTHA
23 April 2013

3961 keer gelees | 22 kommentaar

Die tweede uitgawe van Boerekos, Landbouweekblad se sakpas, waarde-vir-geld, glanskostydskrif, is hier!


Vir maande is reikhalsend uitgesien na die tweede uitgawe van Boerekos, Landbouweekblad se sakpas, waarde-vir-geld, glanskostydskrif. En nou is dit hier! Boerekos, met 150 resepte, is nou beskikbaar.

Die winter-uitgawe is volgepak met wildsvleistreffers, so nooit weer hoef jy met jou hande in die hare te sit oor hoe om al die wildsvleis in jou vrieskas weg te werk nie. Die artikels is boonop lekker prakties, met stap-vir-stap verduidelikings en videos om jou taak makliker te maak. Die Karoo se bekende Annatjie Reynolds deel ook ‘n paar van haar geheime.

Oudergewoonte word ‘n nostalgiese snaar aangeraak met erfkos-resepte – daardie kos wat jy aan jou Ouma se tafel of in jou ma se kombuis leer ken en liefkry het. Proe weer ‘n slag melktert, tamatiebredie en broodpampoen.

Waterblommetjies uit die Boland
Die Bolandse winterlekkerny, waterblommetjies, word ook bekyk. Dink bietjie nuut oor die heerlikheid en trek vir die nederige waterblom ‘n guitige tempura-jassie aan of gebruik dit in om 'n fluweelgladde sop met peperwortel-skop te maak.

Die artikel Sopstories en poedingpraatjies gaan ‘n getroue staatmaker wees om die winterkoue te help troef.

Dan het ons ook geluister na jul raad ná die eerste uitgawe, en hierdie Boerekos spog ook met afdelings vir die soettande (12 sondes met sjokolade) en wynliefhebbers (Pale toe met Pinotage en Sakpas-soetigheid oor die land se lekker muskadels).

“Boerekos 2 het alles wat die eerste uitgawe so 'n weghol-sukses gemaak het en sóveel meer. Lesers kan uitsien na heerlike resepte, maar ook na lekker stories. Dwarsdeur die boek is daar lekkerlees bydraes deur bekende skrywers en kospersoonlikhede, soos Peter Veldsman, Riana Scheepers, Carmen Niehaus en Nico Nel, oor hul gunsteling winterkos. Die onderhoude met boere, ons nuwe wynrubriek en die praktiese afdeling oor wildsvleis gaan ook treffers wees,” vertel Arina du Plessis, redakteur van die gewilde tydskrif.

Maklike resepte
Vir Du Plessis was dit belangrik dat die resepte maklik is om te maak, met basiese bestandele wat almal in die huis het.

Die amptelike bekendstelling vind Vrydagmiddag, 26 April om 17h00 by die DStv Food Network Kosteater by die SA Kaasfees op Stellenbosch plaas. Kom kook saam met Arina en proe ‘n paar van die lekker disse uit die tydskrif.

Daarna sal dit by uitgesoekte kleinhandelaars beskikbaar wees. Jy kan dit makik aanlyn in ons Landbou-winkel bestel.

Teen net R40 vir 150 resepte, is hierdie ‘n winskopie wat jy nie kan bekostig om te mis nie.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Hans Wessels

2013/04/23 07:20:29 PM

Ek het die eerste uitgawe gemis en sal nie hierdie eenwil misloop nie.


RISSIE DE WET

2013/04/26 02:34:42 PM

My man het vir my die eerste uitgawe as 'n verrassing gebring. Het dit gelees soos 'n storieboek en nog gehuil ook op party plekke. Ek mis die 2de uitgawe vir niks in die wêreld nie. Dankie vir puik resepstories!


Malinda Oosthuizen

2013/05/09 03:08:18 PM

Ek het so pas die 2de uitgawe gekoop en dit het soos 'n storie van my grootwordjare gelees. Dit is kosbaar!! Is die 1 ste uitgawe nêrens meer beskikbaar nie?


Janbez

2013/05/09 03:35:50 PM

Dis lekker om te sien dat die boek goed ontvang word. Die eerste uitgawe is nou weer op Landbou Winkel beskikbaar is (elders op hierdie webwerf) want ek kry ongelooflik baie navrae oor die eerste een. Groete Arina du Plessis Kosredakteur


alida van dyk

2013/05/27 08:09:25 AM

Elke hoeveel maande verskyn die resepte boek ?


Janbez

2013/05/27 08:47:52 AM

Alida, Ons het nog nie 'n vaste patroon van publikasie daarvoor nie.


Jacques Labuschagne

2013/06/07 02:36:40 PM

Ek het die eerste uitgawe ongelukkig gemis, en sal verseker nie weer een mis nie. Waar kan ek die eerste uitgawe vandaan bestel, of selfs, self gaan koop? Is hy nog op die rakke.?


Sue Theron

2013/06/19 08:23:47 AM

Het ook eerste uitgawe gemis en sal dit baie graag wil bestel.


Nisha

2013/06/24 03:09:41 PM

Help!!! Waar kan ek die eerste uitgawe kry Baie dankie Nisha


patricia ferreira

2013/06/25 07:46:45 AM

waar kan ook die eerste uitgawe kry en wanneer kom die derde boek uit - ek het die telefoon poeding gemaak en ook die merlot milkshake so ek probeer so veel moontlike resepte baie dankie vir hierdie boek ek hoop julle hou vir lank aan en gee ons nog van die resepte van ouma sy tyd want van die resepte het verlore gegaan oor die tyd so om die resepte weer te sien laat sommer 'n knop in die keel goed waarmee ons groot geword het maar die resepte het verlore gegaan baie baie dankie


Alida Visser

2013/07/03 01:38:20 PM

Dringend opsoek na die eerste uitgawe, waar kan ek dit bestel


Janbez

2013/07/04 08:22:49 AM

Goeie nuus: Al twee die uitgawes van Boerekos kan nou in digitale formaat bestel word. https://www.mysubs.co.za/magazine/landbou-boerekos


LP Louw

2013/09/23 06:04:07 AM

Hi julle wanneer kom die derde uitgame uit van Boerkos. Ek is tans oorsee. Bekommerd dat teen die tyd dat ek terug is in middel Oktober alles uitverkoop is. Heeltemal montlik met so n' wenner tydskrif.


Nadia

2013/10/17 09:54:25 PM

hi daar waar kan ek di nuwe boek bestel het reets die eerste een en die resepte is wonderlik sal graag die tweede een ook wil he!


Marietjie

2013/11/08 09:22:34 AM

Ek het die eerste uitgawe gemis en sal dit baie graag wil bestel.


petrobos

2013/11/08 09:34:18 AM

Daar is so paar uitgawes beskikbaar, kontak Johan Terblanche by 021 406 4962 of stuur 'n e-pos na LBW@media24.com, dan sal hy die besonderhede vir die bestelling stuur.


Agmi van Rooyen

2013/12/03 12:32:51 PM

Wil asb die nuwe kookboek bestel. Meer inligting, bestelvorm ens.? Dankie


Marlene

2014/04/08 05:04:47 AM

Goeie dag Waar kan ek albei uitgawes te koop vind? Groete


suzette rademan

2014/05/05 04:50:28 PM

waar kan ek uitgawe 1 en 2 in die hande kry? of kan u dit vir my pos en se waar ek die geld moet inbetaal.? adres: 5 van reenenweg tableview


Janbez

2014/05/06 07:03:36 AM

Al twee die uitgawes van Boerekos kan nou in digitale formaat bestel word. https://www.mysubs.co.za/magazine/landbou-boerekos


Jo Duguid

2014/05/28 09:14:31 PM

Is there any way that I can subscribe to this wonderful magazine from the UK? Absolutely a wonderful magazine with great recipes! Thanks so much!


Janbez

2014/05/29 06:51:05 AM

Jo, yes cou can. please order it from the Winkel on our navigation pane. Regards jan bez

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 20/05/14 27/05/14 %
Beesvleis A2/A3 3361c 3378c down 0.5
Speenkalf (lewend) 1608c 1607c down -0.1
Skaapvleis A2/A3 4556c 4565c down 0.2
Varkvleis (gem. prys) 2114c 2106c down -0.4
Braaikuikens 1713c 1740c down 1.6

Aandele