Menu

Rooimierplaag

Vraag:

Ons boer in die Oos-Kaap en ek het 'n groot probleem met rooimiere. Hulle is besig om my huis en my TUIN oor te neem en hulle is net orals. Wat kan ek gebruik om hulle te beheer? Watter gif kan ek uitsit of wat is u raad? My kinders kan nie eers buite in die tuin speel nie, dan word hulle gebyt en aangeval. Dit is glad nie plesierig nie ... Ek hoop om van u te hoor. Ek sal dit so waardeer as u raad het. Groete Mariaan Marais

Antwoord:

Rooimiere (Dorylus helvolus) kan baie lastig wees - u is nie die eerste persoon wat hierdie probleem hierdie seisoen ondervind nie.

In Amerika word hierdie insek "fire ants" genoem omdat hulle byt 'n brandsensasie veroorsaak.
Op 'n vorige navraag het ek gesê dat rooimiere gewoonlik nie lank op dieselfde plek bly nie. Hulle kan nomadies wees. Die feit dat hulle skynbaar daar gevestig is, beteken dalk dat daar volop kos vir hulle is. Hulle is predatories op klein insekte en ander organismes.
Daar is verskeie middels beskikbaar, maar u moet onthou dat alle insektemiddels giftig is, wees dus versigtig met kinders en troeteldiere in die omgewing.
Middels wat kloorpirifos, dikloorfos, deltametrien, fenitrotion, gamma BHC of merkaptotion bevat, is almal geskik vir huishoudelike gebruik. Maak die gifstof volgens die aanwysings op die houer aan en spuit om die neste en waar daar duidelike tekens van aktiwiteit is. Herhaal die toediening indien nodig soos op die houer voorgeskryf is.
As u 'n biologiese metode wil toepas, kan u kanola olie, knoffelekstrak of piretriene (150 ml/10l water) as spuitmiddel gebruik. 
 
Geskryf deur: dr. Victor Whitlock, Landboukonsultant. (whitlockv@yahoo.com)
 
21 Februarie 2010

1 Maart 2010

2550 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 20/05/14 27/05/14 %
Beesvleis A2/A3 3361c 3378c down 0.5
Speenkalf (lewend) 1608c 1607c down -0.1
Skaapvleis A2/A3 4556c 4565c down 0.2
Varkvleis (gem. prys) 2114c 2106c down -0.4
Braaikuikens 1713c 1740c down 1.6

Aandele