Menu

Melkbeeste en klostridiale siektes

Vraag:

Sponssiekte, lamsiekte, klem-in-die-kaak en bloednier (skaap) is almal welbekende klostridiale siektes. Maar watter ander klostridiale siektes is van belang op 'n melkplaas?

Antwoord:

Vraag:
Baarmoedersponssiekte, klostridiale mastitis, haemorrhagiese enteritis en rooiderm is almal soorte klostridiale siektes. Wat behels dié en ander klostridiale siektes en wat is die impak daarvan op melkbeeste?

Antwoord:
Klostridia is 'n groep ana&eumlrobiese (groei in die afwesigheid van suurstof) bakterieë wat 'n verskeidenheid aaklige siektes veroorsaak wat gewoonlik tot die dier se dood lei.

Hierdie bakterieë word tipies in die grond gekry en kan ook deel vorm van die normale dermflora. Klostridia word deur 'n tipe van kapsule(spore) beskerm en oorleef vir baie maande en jare in die omgewing (weiding en grond). Dít maak dit moeilik om op te spoor en te voorspel wanneer beeste aan die hoogste risiko blootgestel is. Gewoonlik is dit wanneer toestande in die dermkanaal verander (skielike verandering van voedingkwaliteit en -soort). Of weens 'n ander steurnis van die "normale" liggaamsbalans (soos wonde, spierkneusing en migrasie van onvolwasse lewerslakke deur die lewer) dat die spesifieke clostridia spesie abnormaal vermeerder.

Dit is onrusbarend om te weet dat daar minstens 'n dosyn verskillende klostridiale toksiensoorte is wat altyd wag op die regte geleentheid om 'n siekte te veroorsaak en gewoonlik daarna ook 'n pynlike dood.

En om sake nog meer te kompliseer, veroorsaak elke clostridia spesie verskillende siektes en siektetekens. Onderstaande is 'n opsomming van sommige klostridiale siektes wat 'n noemenswaardige risiko vir u boerdery en melkkudde inhou:

 

  • Clostridium chauvoei veroorsaak sponssiekte. Dit affekteer hoofsaaklik spiere en die weefsel onder die vel. Alhoewel dit die mees algemene clostridium is wat sponssiekte veroorsaak, is dit nie die enigste een nie. Hierdie feit is van belang wanneer dit by voorkomende maatre&eumlls en inenting kom.

     

  • Clostridium botulinum veroorsaak lamsiekte. Net soos C. chauvoei is dit ook fataal vir diere wat met die toksien besmet raak. Botulisme toksiene kom nie net in hoendermis voor soos algemeen aanvaar word nie. Dit is skrikwekkend dat selfs net een besmette rot in 'n baal hooi genoeg toksiene kan produseer om baie beeste dood te meek.

    Om nie teen C. chauvoei en C. botulinum in te ent nie, is soos om jou bakkie sonder versekering te bestuur!

     

  • Clostridium septicum is nog 'n clostridium wat weefsel affekteer en sponssiekte-agtige letsels veroorsaak. C. septicum is ook verantwoordelik vir klostridiale metritis (baarmoedersponssiekte) wat gewoonlik die dood veroorsaak.

     

  • Clostridium sordellii is die derde clostridium wat 'n tipe sponssiekte veroorsaak en dit is die bakterie wat verantwoordelik is vir kwaadaardige edeem. C. sordellii veroorsaak ook bloederige enteritis by kalwers. Inenting teen C. chauvoei verskaf nie beskerming teen die ander twee oorsake van "sponssiekte" naamlik C. sordellii en C. septicum nie.

     

  • Clostridium perfringens Tipe C veroorsaak dodelike rooiderm by kalwers.

     

  • Clostridium haemolyticum veroorsaak bakteriese rooi uriene.

     

  • Clostridium novyi Tipe A veroorsaak dikkopsponssiekte.

     

  • Clostridium novyi Tipe B is verantwoordelik vir Black se siekte en nekrotiese hepatitis (lewerontsteking). Migrerende onvolwasse lewerslaklarwes kan aanleiding gee hiertoe. Dit kan voorkom lank voordat die uitwerking van lewerslak sigbaar is. Hierdie siekte is nog nie in Suid-Afrika gediagnoseer nie.

     

  • Clostridium novyi Tipe D kan ook deur migrerende lewerslak begin word en veroorsaak bakteriese rooilwater. Hierdie siekte is nog nie in Suid-Afrika gediagnoseer nie.

    'n Paar faktore maak die klostridiale groep besonder gevaarlik:

     

  • Eerstens is daar min waarskuwing wanneer 'n klostridiale infeksie begin en dan ontwikkel die siektetekens uiters vinnig. Dit is onder andere die rede waarom dit nie suksesvol is om met antibiotika te behandel nie.
  • Tweedens is 'n klostridiale infeksie gewoonlik fataal, ongeag watter spesie of tipe ter sprake is. Daarom moet alle beeste onder intensiewe boerderytoestande (veral melkbeeste en voerkraalbeeste) ten volle teen bogenoemde clostridia spp. ingeënt word met 'n betroubare multi-valente (bevat meeste van die stamme) entstof. 'n Voorbeeld van so 'n entstof is Multiclos, G3392.

    Lees meer oor klostridiale siektes deur op die soortgelyke artikels hiernaas te klik.

     

  • Geskryf deur: Dr Barry Coates, Intervet. Hierdie artikel het ook in die Oktober 2006-uitgawe van Dairy Mail verskyn.

    4 September 2007

4 September 2007

2889 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 20/05/14 27/05/14 %
Beesvleis A2/A3 3361c 3378c down 0.5
Speenkalf (lewend) 1608c 1607c down -0.1
Skaapvleis A2/A3 4556c 4565c down 0.2
Varkvleis (gem. prys) 2114c 2106c down -0.4
Braaikuikens 1713c 1740c down 1.6

Aandele